Recruitment Room Team

TYDELIKE KLIËNTEDIENS KONSULTANT

Centurion, Gauteng
2 days ago
Application ends: September 30, 2025
Apply Now
Deadline date:
September 30, 2025

Job Description


Optimi is op soek na self-gemotiveerde individue met uitstekende vaardighede in kliëntediens om by ons vinnig groeiende maatskappy aan te sluit as deel van die Kliëntedienspan. Geskikte kandidate werk goed in ’n spanformaat, het ’n positiewe ingesteldheid en beskik oor sterk kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede.

VEREISTES

  • Graad 12
  • Sertifikaat in kliëntediens of ’n soortgelyke rigting (voordelig)
  • 1 jaar ondervinding in kliëntediens of by ’n oproepsentrum
  • Ingestel op tevredenheid van kliënte.
  • Vaardigheid in Microsoft Office (Word, Excel)
  • Vlot in Engels (gesproke en geskrewe)
  • Vlot in Afrikaans (voordelig)

PLIGTE

  • Bly altyd professioneel en stel tevredenheid van kliënte eerste.
  • Bied professionele ondersteuning deur met kliënte via verskeie kanale te kommunikeer.
  • Fokus op “eerste-oproep-oplossings” en verwys, indien nodig, navrae na ’n bestuurder.
  • Pas aan by verskillende kliëntipes en -situasies, asook in-persoon ondersteuning.
  • Verbreed produkkennis en help kliënte om ons produkte beter te verstaan.
  • Monitor en keur kliëntplasings op Facebook goed volgens die toepaslike riglyne.
  • Bestuur navrae wat oorgedra en ge-eskaleer is deur die navraestelsel en gee terugvoer aan kliënte.
  • Reageer vinnig en doeltreffend op kliëntnavrae.
  • Bly altyd op hoogte van produkkennis oor CAMI.
  • Hanteer alle versoeke/navrae volgens die standaard prosedures vir ZohoDesk.
  • Help kollegas met oortollige werk indien nodig.

Hierdie pos is in Centurion gebaseer.

Indien jy nie binne 14 dae van ons hoor nie, beskou asseblief jou aansoek as onsuksesvol.