Recruitment Room Team
ONDERSOEKENDE VERSLAGGEWER – Johannesburg/Pretoria/Kaapstad
Job Description
ONDERSOEKENDE VERSLAGGEWER – Johannesburg/Pretoria/Kaapstad
Hoofdoel van die pos:
Rapport is op soek na ’n dinamiese verslaggewer om deel te word van ons digitale nuuskantoor. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir diepte- en ondersoekende beriggewing oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe wat strek van algemene tot sakenuus. Rapport se nuuskantoor is die ideale plek vir joernaliste met ambisie om in die nuwe media-omgewing hul vaardighede aan ‘n groot gehoor ten toon te stel en verder te slyp.
Die werkweek is van Dinsdag tot Saterdag.
Pligte
- Identifiseer en skryf diepte- en ondersoekende berigte.
- Identifiseer eksklusiewe stories.
- Hou ’n netwerk van kontakte in stand.
Vaardighede en vereistes
- Rapport se joernaliste skep berigte, diepte-artikels, nuusdokkies en podsendings vir Netwerk24. Vermoë en bereidwilligheid om nuwe tegnologie te bemeester is daarom ’n sterk aanbeveling.
- Moet kan werk in ’n omgewing waar innovasie deel van die kultuur is.
- ’n Goeie nuussin en begrip van die publikasie en lesers vir wie jy skryf.
- Die vermoë om in ’n span te werk.
- Uitstekende taal- en skryfvaardighede in Afrikaans.
Kwalifikasies en ondervinding
- ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie.
- ’n Geldige rybewys.
- Ervaring as ’n verslaggewer.
Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur geniet.