Recruitment Room Team
Betaalstaat assistent / Payroll Assistent
Job Description
POS: BETAALSTAAT ASSISTENT
Arbeidsveld: Rekeningkundig
Posbeskrywing:
Die kandidaat moet ‘n detail-georiënteerde Betaalstaat Assistent wees om by ons span aan te sluit. Die ideale kandidaat sal voorheen ervaring met betaalstaatverwerking en die gepaardgaande SARS-indienings hê.
Pos Pligte:
- Byhou van die volle betaalstaat op ‘n erkende betaalstaat rekenaarprogram.
- Berekening en indiening van EMP201 en EMP501 belastingvorms.
- Kennis van Vergoedingskommissaris registrasies, indiening van Opgawe van Verdienste en briewe van goeie stand.
- Basiese Excel vaardighede is ‘n vereiste.
Kritiese Vereistes:
- Vorige ervaring in betaalstaatverwerking;
- Kandidaat moet voorheen op ‘n betaalstaatprogram gewerk het en die nodige betaalstaatfunksies sowel as SARS-indienings hanteer het.
- Vermoë om onder druk te werk.
- Tweetalig (Afrikaans en Engels).
- Basiese Excel vaardigheid.
Voordelige Vereistes:
- Ervaring met Simplepay.
Verskillende Werksplekke:
- Werk op een perseël.
Indiensnemingsdatum:
- Begin Datum: Dadelik
Gewone Werkure:
- Maandag tot Donderdag: 08:00 tot 16:30
- Vrydag: 08:00 tot 14:00
- Geen etensuur.
- Oortyd wanneer nodig.
Duur van Kontrak:
- 6 maande
Kennisgewing tydperk:
- 1 week indien minder as 6 maande gewerk.
Vergoeding:
- Markverwant na gelang van ervaring en opleiding.
- Tipe: Maandeliks
Verlofvoordele:
- 15 dae gewone jaarlikse verlof per jaar.
- 30 siekverlofdae in ‘n 3 jaar siekverlofsiklus.
- 3 dae gesinsverlof per jaarlikse verlofsiklus.
Beëindigingsdatum:
- Pos eindig op 31 Julie 2025
As jy aan die bogenoemde vereistes voldoen en op soek is na ‘n belonende geleentheid, doen asseblief nou aansoek!